| Chapter 2 |
1 | Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas. |
2 | Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid. |
3 | Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, |
4 | sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, |
5 | ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie. |
6 | Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees. |
7 | Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. |
8 | Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie. |
9 | Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie; |
10 | hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier. |
11 | Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn |
12 | en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, |
13 | terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, |
14 | wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. |
15 | Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie. |