| Chapter 2 |
1 | En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word. |
2 | Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirnius goewerneur van S¡rië was. |
3 | En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad. |
4 | En Josef het ook opgegaan van Galila, uit die stad N saret, na Juda, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, |
5 | om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. |
6 | En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; |
7 | en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. |
8 | En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. |
9 | En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. |
10 | En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, |
11 | dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. |
12 | En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. |
13 | En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: |
14 | Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae! |
15 | En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. |
16 | En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. |
17 | En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is. |
18 | En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; |
19 | maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. |
20 | En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is. |
21 | En toe agt dae vervul was, dat hulle die Kindjie sou besny, het hulle Hom Jesus genoem, die naam wat deur die engel gegee is voor sy ontvangenis in die moederskoot. |
22 | En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel, |
23 | soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word; |
24 | en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe. |
25 | En daar was 'n man in Jerusalem met die naam van S¡meon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. |
26 | En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie. |
27 | En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, |
28 | het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: |
29 | Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, |
30 | omdat my oë u heil gesien het, |
31 | wat U berei het voor die oë van al die volke -- |
32 | 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel. |
33 | En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is. |
34 | En S¡meon het hulle geseënen aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word -- |
35 | ja, 'n swaard sal deur jou eie siel gaan -- sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word. |
36 | En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe; |
37 | en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag. |
38 | En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het. |
39 | En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galila, na hulle stad N saret. |
40 | En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom. |
41 | En sy ouers was gewoond om elke jaar met die paasfees na Jerusalem te gaan. |
42 | En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan. |
43 | En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie. |
44 | Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle 'n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek. |
45 | En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek. |
46 | En n drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. |
47 | En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde. |
48 | En toe hulle Hom sien, was hulle verslae. En sy moeder sê vir Hom: Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek. |
49 | En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie? |
50 | En hulle het die woord wat Hy aan hulle gesê het, nie verstaan nie. |
51 | En Hy het saam met hulle gegaan en in N saret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. |
52 | En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense. |