| Chapter 1 |
1 | Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God. |
2 | Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak -- |
3 | die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! |
4 | Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig. |
5 | En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes. |
6 | En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet. |
7 | En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom n my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. |
8 | Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees. |
9 | En in daardie dae het Jesus van N saret in Galila gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop. |
10 | En dadelik toe Hy opklim uit die water, sien Hy die hemele skeur en die Gees soos 'n duif op Hom neerdaal. |
11 | En daar het 'n stem uit die hemele gekom: U is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. |
12 | En dadelik het die Gees Hom uitgedryf in die woestyn. |
13 | En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien. |
14 | En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galila gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig |
15 | en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. |
16 | En terwyl Hy langs die see van Galila loop, sien Hy Simon en Andras, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. |
17 | En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. |
18 | En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg. |
19 | En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebeds, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak. |
20 | En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebeds met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg. |
21 | En hulle het in Kaprnam gekom, en dadelik op die sabbat het Hy in die sinagoge ingegaan en begin leer. |
22 | En hulle was verslae oor sy leer, want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie. |
23 | En daar was in hulle sinagoge 'n man met 'n onreine gees; en hy het uitgeskreeu |
24 | en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasarner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! |
25 | En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit! |
26 | En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met 'n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan. |
27 | En almal was verbaas, sodat hulle onder mekaar vra en sê: Wat is dit? Watter nuwe leer is dit, dat Hy met gesag ook aan die onreine geeste bevel gee en hulle Hom gehoorsaam is? |
28 | En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galila. |
29 | En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andras. |
30 | En die skoonmoeder van Simon het siek gelê aan die koors; en dadelik het hulle Hom van haar gesê. |
31 | Daarop gaan Hy na haar, neem haar hand en rig haar op, en dadelik het die koors haar verlaat, en sy het hulle bedien. |
32 | En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was. |
33 | En die hele stad het by die deur saamgekom. |
34 | En baie wat aan allerhande siektes gely het, het Hy gesond gemaak en baie duiwels uitgedryf en die duiwels nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het. |
35 | En vroeg in die môre , nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid. |
36 | En Simon en die wat by hom was, het Hom gevolg. |
37 | En toe hulle Hom vind, sê hulle vir Hom: Almal soek U. |
38 | En Hy sê vir hulle: Laat ons na die naburige dorpe gaan, sodat Ek ook daar kan preek; want daarvoor het Ek uitgegaan. |
39 | En Hy het die hele Galila deur in hulle sinagoges gepreek en die duiwels uitgedryf. |
40 | En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig. |
41 | En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig! |
42 | En toe Hy dit sê, het die melaatsheid hom dadelik verlaat, en hy is gereinig. |
43 | En nadat Hy hom ernstig aangespreek het, stuur Hy hom dadelik weg |
44 | en sê vir hom: Pas op dat jy aan niemand iets vertel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer vir jou reiniging wat Moses voorgeskryf het, tot 'n getuienis vir hulle. |
45 | Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom. |