| Chapter 146 |
1 | Halleluja! Loof die HERE, o my siel! |
2 | Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is. |
3 | Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. |
4 | Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. |
5 | Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, |
6 | wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid; |
7 | wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. |
8 | Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. |
9 | Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom. |
10 | Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja! |