| Chapter 136 |
1 | Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
2 | Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
3 | Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid -- |
4 | Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
5 | Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
6 | Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
7 | Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
8 | Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
9 | Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
10 | Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
11 | En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
12 | Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
13 | Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
14 | En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
15 | En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
16 | Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
17 | Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
18 | En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
19 | Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
20 | En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
21 | En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
22 | As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
23 | Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
24 | En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
25 | Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |
26 | Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. |