| Chapter 121 |
1 | 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? |
2 | My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. |
3 | Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. |
4 | Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. |
5 | Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. |
6 | Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. |
7 | Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. |
8 | Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. |