| Chapter 108 |
1 | 'n Lied. 'n Psalm van Dawid. |
2 | My hart is gerus, o God! Ek wil sing en psalmsing, ja, ook my eer. |
3 | Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak. |
4 | Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies; |
5 | want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke. |
6 | Verhef U bo die hemele, o God, en u heerlikheid bo die hele aarde! |
7 | Dat u bemindes gered kan word -- verlos deur u regterhand en verhoor ons! |
8 | God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet. |
9 | G¡lead is myne, Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf. |
10 | Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; oor Filista jubel Ek. |
11 | Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie lei my tot in Edom? |
12 | Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. |
13 | Gee ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is vergeefse moeite. [ (Psalms 108:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ] |