| Chapter 99 |
1 | Die HERE is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die grubs; laat die aarde sidder! |
2 | Die HERE is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke. |
3 | Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy! |
4 | Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob. |
5 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! |
6 | Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor. |
7 | In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het. |
8 | o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade. |
9 | Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God. |