| Chapter 58 |
1 | Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." Van Dawid. 'n Gedig. |
2 | Spreek julle waarlik geregtigheid, o gode? Oordeel julle die mensekinders regverdig? |
3 | Ja, julle bedryf ongeregtighede in die hart; julle weeg op aarde die geweld van julle hande af. |
4 | Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af. |
5 | Hulle het gif soos die gif van 'n slang; soos 'n dowe adder wat sy oor toestop, |
6 | wat nie luister na die stem van die besweerders, van hom wat ervare is om met towerspreuke om te gaan nie. |
7 | o God, verbreek hulle tande in hulle mond; slaan die tande van die jong leeus uit, o HERE! |
8 | Laat hulle vergaan soos water wat wegloop; as hy sy pyle rig, laat hulle wees asof hulle stomp geword het. |
9 | Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie. |
10 | Voordat julle potte die doringtak gewaar word, sal Hy dit wegstorm, die rou vleis sowel as die vuurgloed. |
11 | Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose. [ (Psalms 58:12) En die mense sal sĂȘ: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is 'n God wat op die aarde oordeel! ] |