| Chapter 25 |
1 | 'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op. |
2 | Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie. |
3 | Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak. |
4 | Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. |
5 | He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag. |
6 | Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want die is van ewigheid af. |
7 | Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE! |
8 | Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. |
9 | Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer. |
10 | Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. |
11 | Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. |
12 | Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. |
13 | Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. |
14 | Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak. |
15 | Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei. |
16 | Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig. |
17 | Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste. |
18 | Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes. |
19 | Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat. |
20 | Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek. |
21 | Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek. |
22 | o God, verlos Israel uit al sy benoudhede! |