| Chapter 17 |
1 | HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. |
2 | Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien. |
3 | U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. |
4 | Aangaande die handelinge van die mens, k het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy. |
5 | My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie. |
6 | Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord! |
7 | Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! |
8 | Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels |
9 | teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring. |
10 | Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig. |
11 | Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek. |
12 | Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. |
13 | Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard; |
14 | met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly. |
15 | Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word. |