| Chapter 2 |
1 | Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? |
2 | Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: |
3 | Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! |
4 | Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. |
5 | Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: |
6 | Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. |
7 | Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. |
8 | Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. |
9 | U sal hulle verpletter met 'n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos 'n erdepot. |
10 | Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! |
11 | Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. |
12 | Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil! |