| Chapter 15 |
1 | Toe het lifas, die Temaniet, geantwoord en gesê: |
2 | Sal 'n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind -- |
3 | deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie? |
4 | Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God. |
5 | Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. |
6 | Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou. |
7 | Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring? |
8 | Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek? |
9 | Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie? |
10 | Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader. |
11 | Is die vertroostinge van God vir jou te min, en 'n woord met sagtheid jou toegespreek? |
12 | Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so -- |
13 | dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan? |
14 | Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit 'n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? |
15 | Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie; |
16 | hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water! |
17 | Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel; |
18 | wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer; |
19 | aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. |
20 | Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. |
21 | Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. |
22 | Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. |
23 | Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis. |
24 | Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos 'n koning wat gereed staan vir die aanval, |
25 | omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het |
26 | |
27 | omdat hy sy gesig met sy vet oordek en 'n vetlaag op sy heupe gevorm het, |
28 | en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly. |
29 | Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie. |
30 | Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God. |
31 | Laat hom nie vertrou op nietigheid nie -- hy kom bedroë uit! -- want nietigheid sal sy vergelding wees. |
32 | Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie. |
33 | Hy skud sy onryp druiwe af soos 'n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos 'n olyfboom. |
34 | Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery. |
35 | Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort. |