| Chapter 25 |
1 | En Abraham het weer 'n vrou geneem met die naam van Ketura. |
2 | En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en M¡dian en Jisbak en Suag gebaar. |
3 | En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Lemmiete. |
4 | En die seuns van M¡dian was: Efa en Efer en Henog en Ab¡da en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketura. |
5 | En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, |
6 | maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland. |
7 | En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar. |
8 | Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel. |
9 | En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê, |
10 | die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara. |
11 | N die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Ro. |
12 | En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het -- |
13 | dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nbajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam |
14 | en Misma en Duma en Massa, |
15 | Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma. |
16 | Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme. |
17 | En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote. |
18 | En hulle het gewoon van H wila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig. |
19 | En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak. |
20 | En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Btuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. |
21 | En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. |
22 | En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. |
23 | En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. |
24 | En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar 'n tweeling in haar skoot. |
25 | En die eerste is gebore -- rooi, geheel en al soos 'n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. |
26 | En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. |
27 | En die seuns het opgegroei: Esau het 'n ervare jagter geword, 'n man van die veld; maar Jakob was 'n vredeliewende man wat in tente gewoon het. |
28 | En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. |
29 | En Jakob het 'n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. |
30 | Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. |
31 | En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. |
32 | En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? |
33 | Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. |
34 | En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag. |