| Chapter 5 |
1 | Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God. |
2 | Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseënen hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is. |
3 | Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem. |
4 | En die dae van Adam, n die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad. |
5 | So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe. |
6 | Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword. |
7 | En Set het n die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
8 | So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe. |
9 | Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword. |
10 | En Enos het n die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
11 | So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe. |
12 | Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahal lel geword. |
13 | En Kenan het n die geboorte van Mahal lel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
14 | So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe. |
15 | Toe Mahal lel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword. |
16 | En Mahal lel het n die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
17 | So was dan al die dae van Mahal lel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe. |
18 | Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword. |
19 | En Jered het n die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
20 | So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe. |
21 | Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metusalag geword. |
22 | En Henog het n die geboorte van Metusalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. |
23 | So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar. |
24 | En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. |
25 | Toe Metusalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword. |
26 | En Metusalag het n die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
27 | So was dan al die dae van Metusalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe. |
28 | Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy 'n seun verwek |
29 | en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het. |
30 | En Lameg het n die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. |
31 | So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe. |
32 | En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet. |