Afrikaans Bible

PSALMS 142

PSALMS

Return to Index

Chapter 143

1

'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.

2

En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie.

3

Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.

4

En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.

5

Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink n  oor die werk van u hande.

6

Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela.

7

Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.

8

Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U.

9

Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek.

10

Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land.

11

o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid.

12

En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg.

PSALMS 144

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: