Afrikaans Bible

PSALMS 102

PSALMS

Return to Index

Chapter 103

1

'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

2

Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

3

Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

4

wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

5

wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos die van 'n arend.

6

Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

7

Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.

8

Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9

Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

10

Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

11

Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

12

So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

13

Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

14

Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

15

Die mens -- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy.

16

As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

17

Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

18

vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om die te doen.

19

Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

20

Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

21

Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

22

Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!

PSALMS 104

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: