Afrikaans Bible

PSALMS 74

PSALMS

Return to Index

Chapter 75

1

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Moenie verwoes nie." 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2

Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.

3

As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel k regverdig.

4

Al wankel die aarde en al sy bewoners -- k het sy pilare vasgestel. Sela.

5

Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6

Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.

7

Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie....

8

maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

9

Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10

Maar ‚k sal vir ewig verkondig -- ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob. [ (Psalms 75:11) En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word. ]

PSALMS 76

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: