Afrikaans Bible

PSALMS 35

PSALMS

Return to Index

Chapter 36

1

Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die Here.

2

In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie.

3

Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld.

4

Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat n  om verstandig te wees, om goed te doen.

5

Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

6

o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

7

U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!

8

Hoe kosbaar is u goedertierenheid, o God! Daarom skuil die mensekinders onder die skaduwee van u vleuels.

9

Hulle verkwik hul aan die vettigheid van u huis, en U laat hulle drink uit die stroom van u genietinge.

10

Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

11

Laat u goedertierenheid voortduur vir die wat U ken, en u geregtigheid vir die opregtes van hart.

12

Laat die voet van die trotsaard nie oor my kom nie, en laat die hand van die goddelose mense my nie verdryf nie. [ (Psalms 36:13) Daar het die werkers van ongeregtigheid geval; hulle is neergestoot en kan nie weer opstaan nie. ]

PSALMS 37

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: