Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 22

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 23

1

Toe Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.

2

En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.

3

En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt en dertig duisend man.

4

Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;

5

en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.

6

En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Mer ri.

7

Van die Gersoniete: L edan en S¡me‹.

8

Die seuns van L edan was: die hoof Jeh¡ël en Setam en Joël, drie;

9

die seuns van S¡me‹ was: Selomit en Has¡ël en Haran, drie; dit was die familiehoofde van L edan.

10

En die seuns van S¡me‹ was: Jahat, Sina en Jehus en Ber¡a; dit was die vier seuns van S¡me‹.

11

En Jahat was die hoof, en Sisa die tweede; maar Jehus en Ber¡a het nie baie kinders gehad nie, sodat hulle saam 'n familie, een klas gevorm het.

12

Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.

13

Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.

14

En wat Moses, die man van God, betref, sy seuns is by die stam van Levi gereken.

15

Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser;

16

die seuns van Gersom: S‚buel, die hoof.

17

En die seuns van Eliëser was Reh bja, die hoof; en Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Reh bja het buitengewoon vermeerder;

18

die seuns van Jishar: Selomit, die hoof;

19

die seuns van Hebron: Jer¡a, die hoof, Am rja, die tweede, Jah siël, die derde, en Jek meam, die vierde;

20

die seuns van Ussiël: Miga, die hoof, en Jiss¡a, die tweede;

21

die seuns van Mer ri: Magli en Musi; die seuns van Magli: Ele sar en Kis.

22

En Ele sar het gesterwe en geen seuns gehad nie, net dogters; en die seuns van Kis, hulle verwante, het hulle geneem.

23

Die seuns van Musi was Magli en Eder en J‚remot, drie.

24

Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.

25

Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

26

so hoef die Leviete dan ook nie meer die tabernakel en al sy voorwerpe vir sy diens te dra nie.

27

28

Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;

29

en vir die toonbrode en vir die fynmeel van die spysoffer en vir die ongesuurde platkoeke en vir die bakplaat en vir die deurmekaargeroerde spysoffer en vir al die inhoudsmate en lengtemate;

30

en om môre vir môre te staan om die HERE te loof en te prys, en net so saans;

31

en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.

32

So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.

1 KRONIEKE 24

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: